Wat ons vir jou kan doen

Temo Parts bied ’n wye verskeidenheid gehalte-vervangingsonderdele vir gewilde trekker-, stroper- en balerfabrikate, teen mededingende pryse. Ons reeks sluit in onderdele vir New Holland-, Ford-, Fiat- en John Deere-trekkers sowel as Claas-stropers en -balers.

Ons ervare span gebruik hul jarelange ervaring van die naverkopemark om net die beste komponente van voorste plaaslike en internasionale vervaardigers van vervangingsonderdele te bekom. Die fokus is op prys en gehalte, en alle onderdele dra ’n waarborg.

Ons verkoop onderdele vir sowel enjins as transmissies, asse en rem-, stuur-, brandstof-, verkoeling- en koppelstelsels. Toebehore soos trekkersitplekke is ook beskikbaar.

Ons verstaan die behoeftes van die eindgebruiker en het ’n passie vir klantediens. Ons doelwit is om staantyd tot die minimum te beperk, veral op kritieke tye. Indien ’n onderdeel nie in voorraad is nie, sal ons dit vir jou bekom – teen geen ekstra koste nie.

Onderdele is oor die toonbank beskikbaar by ons pakhuis in Boksburg of via jou naaste onderdeelverskaffer, of kan by jou afgelewer word indien prakties moontlik. Standard aflewering is gratis en ‘n oornag diens, waar beskikbaar, kan teen ‘n nominale fooi gereël word.Ons voorsien ook onderdele aan klante in Botswana, Namibië, Mosambiek, Swaziland, Lesotho en Zimbabwe.

Let asseblief daarop dat Temo Parts slegs vervangingsonderdele verskaf. Alle onderdeelnommers en -name is slegs ter verwysing.

next